New York Staat
New York (Engels: State of New York) is 'n deelstaat in die Middel-Atlantiese gebied van die Verenigde State van Amerika. New York is ten opsigte van sy bevolking die derde grootste deelstaat. Dit word in die noorde deur Kanada (Quebec) en Ontariomeer, in die ooste deur Vermont, Massachusetts en Connecticut, in die suide deur New Jersey en Pennsylvanië, en in die weste deur Kanada (Ontario) en Eriemeer begrens. Die hoofstad is Albany en die grootste stad is New York Stad. New York is die 11de staat wat tot die Unie toegelaat was.
New York se bynaam is The Empire State.

digg it
del.icio.us